Kalifornië – Die Amerikaanse lugmag beplan ‘n groot toets vir ‘n eksperimentele vliegtuig wat glo teen ses keer die spoed van klank, oftewel 6 000 km/h, sal kan vlieg.
Die onbemande X-51 WaveRider is ontwerp om ses keer die spoed van klank te bereik nadat dit deur 'n B-52-bomwerpers laat sak is en na die Suid-Kaliforniese kus by Point Mugu vlieg.
Ingenieurs hoop dat die X-51 vyf minute lank sy topspoed sal kan behou.
'n Toetsvlug is Dinsdag gedoen, maar geen verdere besonderhede is bekendgemaak nie, het John Haire, woordvoerder van die Edwards-lugmagbasis in Kalifornië, gesê.
Die X-51 het verlede jaar – in sy mees onlangste toets – sowat vier sekondes reeds geval voor die vuurpyl aangeskakel het. Die vliegtuig het in die see geval nadat dit nie van sy vuurpyl kon skei nie.
Die vliegtuig, wat deur Boeing vervaardig word, sal die Pentagon in staat stel binne om binne ‘n paar minute aanvalle regoor die wêreld loods.
– Volg Nuus24 op
Twitter
AP