Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

McDonald's loop deur op Twitter

2012-01-25 19:57
Kaapstad – ‘n Twitter-veldtog wat daarop gemik was om positiewe stories oor McDonald’s te vertel, het lelik skeefgeloop vir die kitskosreus.

Alhoewel die idee was om die hutsmerker #McDStories vir positiewe terugvoer te gebruik, het talle ongelukkige klante dit gebruik om oor hul onaangename ervarings te tweet – soos vingernaels wat hulle in hul kos gevind het.

Die maatskappy het verlede week begin tweet deur stories oor sy verskaffers te bevorder.

“Ontmoet sommige van die hardwerkende mense wat McD’s elke dag van kwaliteit kos voorsien #McDStories,” het een van die tweets gelui.

Die gevolg was nie waarvoor die maatskappy gehoop het nie.

“Binne ‘n uur het ons gesien dit verloop nie soos ons beplan het nie,” het McDonald’s se sosiale media-direkteur, Rick Wion, gesê.

“Dit was negatief genoeg om die plan te verander.”

Kliek hier om meer by Mashable te lees en die video te kyk.
 
– Volg Nuus24 op Twitter


 
Lees meer oor:    twitter  |  mcdonald's
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)