Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

SA, Aus deel SKA-projek

2012-05-25 14:50
Kaapstad – Suid-Afrika en Australië sal gesamentlik die SKA-radioteleskoopprojek huisves, het die BBC berig.

Vyf SKA-lidlande het dié besluit Vrydag tydens 'n vergadering geneem.

Die SKA-organisasie het verlede maand in Nederland vergader en besluit verdere ondersoeke moet gedoen word voor 'n besluit oor die gasheerland gemaak word.

Inligting wat in Maart aan die media uitgelek is, toon dat die komitee voorgestel het dat die projek aan Suid-Afrika toegeken moet word.

Die vyf SKA-lidlande wat die finale besluit gemaak het, is Kanada, China, Italië, Nederland en die Verenigde Koninkryk.

Die SKA-projek sal die wêreld se grootste radioteleskoop wees met sowat 3 000 antennas wat so ver terug as die era net ná die oerknal sal kan sien.

Superrekenaars sal nodig wees om miljarde verwerkings per sekonde te doen.

– Volg Nuus24 op Twitter.
Lees meer oor:    square kilometre array (ska)
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)