Kaapstad - Die Suid-Afrikaanse minister van waterwese en omgewingsake, Buyelwa Sonjica, gaan vandeesweek die Verenigde Nasies (VN) se 15de kongres oor klimaatsverandering in Kopenhagen, Denemarke, bywoon. Die twee weke lange kongres het gister begin.
Die kongres word gehou om ’n internasionale plan saam te stel waarvolgens klimaatsverandering teengewerk kan word, aangesien die Kyoto-protokol, wat in 1997 op ’n kongres oor klimaatsverandering in China saamgestel is, in 2012 tot ’n einde kom.
Sputnik Ratau, woordvoerder vir die minister, sê sy vertrek Woensdag en sal vandeesweek meestal kleiner vergaderings bywoon.
Intussen het Pres. Jacob Zuma vroeër die week aangedui dat hy ’n kongres-uitnodiging van Lars Løkke Rasmussen, eerste minister van Denemarke, aanvaar het.
Zuma sal volgende Donderdag en Vrydag die staatshoofde- en regeringsegmente van die kongres bywoon. Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Maite Nkoana-Mashabane, is ook ’n lid van die afvaardiging na Kopenhagen.
Kliek hier vir die volledige berig.
- landbou.com