Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

SKA: Afrika-lande sal SA bystaan

2012-05-25 16:59
Johannesburg – Die wêreld se grootste en mees gevorderde radio-teleskoop, die SKA, wat in staat sal wees om buiteruimtelike lewe in die heelal op te spoor, sal tussen Suid-Afrika en Australië gedeel word.

Die besluit is deur Kanada, China, Italië, Nederland en Brittanje by die lughawe Schiphol in Amsterdam, Nederland, gedoen.

RSG berig Suid-Afrika beplan om in vennootskap met ondermeer Botswana, Ghana, Kenia, Madagaskar en Namibië die 3 000 antennas te huisves waaruit die teleskoop bestaan.

Australië sal deur Nieu-Seeland bygestaan word.

Volg Nuus24 op Twitter 
Lees meer oor:    square kilometre array (ska)  |  ska
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)