Johannesburg – Edna Molewa, minister van waterwese, sê bykans 40% van water wat in KwaZulu-Natal gelewer word, gaan verlore.
Sy het geantwoord op 'n geskrewe vraag in die parlement van die DA-LP, Gareth Morgan.
Molewa sê die 14 waterverskaffingsdienste in die provinsie het die afgelope finansiële jaar meer as 22 miljoen kubieke meter water per maand verloor.
RSG berig dit is uit die 55,5 miljoen kubieke meter water wat sedert Julie verlede jaar en die einde van verlede maand deur die provinsie se waterstelsel gepomp is.
Die owerheid in die provinsie oorweeg die ontsouting van seewater as 'n verdere waterbron.
Volg Nuus24 op Twitter