Nuus24 SITES/SERVICES >

Sonvlam mis grootste deel van aarde

By: Duncan Alfreds 2012-01-24 14:19
Kaapstad – Die aarde sal nie die uitwerking voel van die koronale massa-uitwerping (CME), of son-ontploffing, wat die planeet Dinsdag gaan tref nie.

“Die bron was ‘n aktiewe area sowat 45° tot 50° weg van die son se ekwator,” het Kobus Olckers, ruimteweerkundige by die Ises Regional Space Weather Warning Centre in Hermanus aan Nuus24 gesê.

Hy sê die grootste deel van die CME sal die planeet mis, maar weens die skaal van die ontploffing is kleiner ontwrigtings steeds moontlik.

“Meeste van die massa, ek sal sê 95% daarvan, beweeg weg van die ekliptiese baan, so dit beweeg weg van al die planete,” het Olckers gesê.

Die ekliptiese baan is die bane rondom die planete en die son. Die aarde  sal meer kwesbaar wees as ‘n CME uit die son se ekwator sou uitbars.

– Volg Nuus24 op Twitter

 
Read more on:    son  |  aarde
Ad:Old Mutual begrafnis plan

More Stories in Sci-tech

«Back
Ad:Verseker jou motor met IWYZE