New York – Sosiale netwerke is steeds in hul babaskoene, met nuwe dienste wat só vinnig groei dat dit moeilik is om daarmee tred te hou.
Dít is die prentjie wat 'n nuwe studie deur die bemarkings- en navorsingsmaatskappy
comScore skets.
Sosiale netwerke as kategorie in sy geheel sal binnekort die dominante vorm van aanlyn-inhoud word, en is reeds verantwoordelik vir 16,6% van die tyd wat op die internet spandeer word.
Hoewel
Facebook steeds sy indrukwekkende groei voortsit, – drie uit vier Amerikaners op sosiale netwerke maak van dié webwerf gebruik – maak webwerwe soos
Tumblr,
Pinterest en
Google+ baie vooruitgang.
Twitter het teen die einde van Desember 2011 die tweede plek op die lys van sosialenetwerk-reuse ingeneem, met 37,5 miljoen unieke besoekers.
Google+ het op sy beurt in die ses kort maande sedert sy bekendstelling miljoene besoekers gelok, en het teen die einde van Desember met 20.7 miljoen unieke besoekers gespog. Tumblr het 18,8 miljoen besoekers in dieselfde maand gelok, en die nuweling Pinterest het 8 miljoen besoekers getrek – dit ten spyte van die feit dat hy nie soos Google bestaande gebruikers kan teiken nie.
– Lees
hier meer.
– Volg Nuus24 op
Twitter.