Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Twitter-belegging 'nie polities gemotiveerd'

2012-01-25 20:58
Atlanta – Prins Alwaleed Bin Talal, hoof van die Kingdom Holding Company van Saoedi-Arabië, het sy belegging in die sosiale netwerk Twitter in 'n onderhoud met CNN verdedig en gesê dié belegging was niks meer as 'n sakebesluit nie.

Dié uitlating volg ná sommige kenners se skeptiese reaksie toe dit aan die lig gekom het dat 'n Arabiese entiteit 'n aandeel gekoop het in een van die sosiale netwerke wat 'n deurslaggewende rol in die Arabiese Lente gespeel het. 

Die Arabiese Lente is 'n reeks opstande in die Arabiese wêreld wat onder andere tot die val van die leiers van Egipte en Libië gelei het. Sosiale netwerke het 'n groot rol gespeel in die mobilisering van betogers in dié opstande. 

Prins Alwaleed se Kingdom Holding Company, 'n openbare maatskappy waarvan hy persoonlik 94% besit, het verlede jaar volgens die New York Times 'n aandeel van $300 miljoen (sowat R2,39 miljard) in Twitter bekom.

"Hierdie was regtig... 'n suiwer finansiële belegging met ekonomiese doelwitte," het Prins Alwaleed gesê.

"Vir iemand om te sê hierdie belegging is polities gemotiveerd is lekker praatjies... maar politiek was regtig nie 'n deel van daardie belegging nie," het hy gesê.

Hy het ook gesê hy beskou Twitter as 'n maatskappy wat in die komende dekades standvastig sal wees en goed sal presteer.

Kyk die volledige onderhoud hier:


 – Volg Nuus24 op Twitter. Nuus24
Lees meer oor:    twitter  |  sosiale netwerke
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)