Die video wys hoe die arend die niksvermoedende kleuter met sy kloue van die grond af gryp voor hy die kind weer los.
Die Franse man wat die video geneem het, het eers in Engels gevloek voor hy die kind gaan troos het. Die kind het begin huil, maar dit lyk nie of hy ernstig beseer is nie.
Die video is teen Woensdagoggend slegs 311 keer gekyk, maar dit is verskeie kere op die sosiale netwerk Twitter gedeel.
Volgens die Amerikaanse Aardrykskundige Vereniging is die goue arend is die grootste roofvoël in Noord-Amerika en die voël kan teen 241 km/h op sy prooi toesak.
Die arend het waarskynlik die kind as sy gewone prooi, wat hase, marmotte en eekhorings is, aangesien.
Kyk hier na die video:
– Volg Nuus24 op Twitter