Share

Virgin-ruimtetuig slaag belangrike toets

Washington – Virgin Galactic se ruimtetoerismetuig, die SpaceShipTwo, het Maandag sy eerste vuurpyl-aangedrewe toetsvlug voltooi en deur die klankgrens gebreek.

SpaceShipTwo se enjin is aangeskakel na dit deur ‘n ander vliegtuig tot op ‘n hoogte van 14 300 m gedra is. Die tuig het bo die Mojave-woestyn in Kalifornië self begin vlieg, het Richard Branson se maatskappy in ‘n verklaring gesê.

Die vuurpyl het 16 sekondes lank, soos beplan, gebrand – genoeg om die ruimtetuig tot 16 700 m te laat styg.

Die tuig het 'n spoed van 1,2 keer die spoed van klank bereik.

Branson, wat van die grond af die tuig se vordering dopgehou het, het voorspel dat die suksesvolle toetsvlug die weg sal baan om teen die einde van die jaar al ‘n ruimte-vlug te lanseer.

SpaceShipTwo kan net ses passasiers dra.

Meer as 500 mense het al sitplekke op SpaceShipTwo bespreek vir ‘n ruimtevlug.

Branson het voorheen gesê dat hy sy familie op een van die vlugte sal neem om te bewys dat die SpaceShipTwo veilig is.

– Volg Nuus24 op Twitter
 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 416 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 870 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
943.20
-0.8%
Palladium
1,035.50
+0.6%
Gold
2,388.72
+0.4%
Silver
28.63
+1.4%
Brent-ruolie
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE