Share

Vreemde vlieënde vuurballe bo Harrismith gesien

Bloemfontein – Vreemde vlieënde voorwerpe in die sentrale streek het talle mense laat kopkrap.

Dié “vuurballe” wat in die lug bo Harrismith gesien is, het egter waarskynlik niks met lewe in die buitenste ruim te doen nie.

Riaan van Greuning, van Eloff naby Delmas, het Sondagaand om 22:00 ’n vreemde verskynsel op Harrismith gesien en foto’s aan Volksblad verskaf.

Hy het by sy ma, Sannie van Greuning, gekuier, toe hulle die vuurballe in die donker gesien het.

“Dit was bewolk en die voorwerpe was redelik laag. Vyf van hierdie voorwerpe het in ’n kwessie van 20 minute verskyn.”

Van Greuning sê die vuurballe het van noord na suid beweeg; dit het geluidloos en redelik stadig beweeg.

“Ek weet nie wat dit was nie. So iets laat ’n mens nogal wonder. Al wat ek weet, is dat dit nie ’n helikopter se soeklig was nie.”

Sedertdien het hy reeds verskeie webwerwe geraadpleeg, maar kon nog geen duidelikheid kry nie.

“Ek was nog nooit iemand wat in ruimtewesens glo nie. Hierdie was werklik net ’n vreemde ding.”

Matie Hoffman van die departement fisika aan die Universiteit van die Vrystaat en van die Boyden-sterrewag sê die feit dat die verskynsel onder die wolke was, plaas dit eintlik buite sy veld van kundigheid.

“My idees is dus maar so goed soos enige ander lid van die publiek s’n. Dit is inderdaad interessant en dit sal baie leersaam wees om die verklaring te kry.”

Hy sê die voorwerpe herinner hom aan noodfakkels.

“Hulle kan nogal lank in die lug bly en afhangend van die rigting waarin hulle relatief tot die waarnemer beweeg, kan die oënskynlike spoed relatief vinnig tot baie stadig wees.”

’n Noodfakkel is brandende magnesium of iets soortgelyk wat opgeskiet kan word deur mense in nood, soos sinkende bote wat reddingspanne wil wys waar hulle is. Soldate kan dit ook gebruik om lig te maak oor ’n spesifieke terrein.

Hoffman sê dit is moeilik om uit die foto’s ’n gevoel te kry hoe groot die voorwerpe sou gelyk het.

Op Facebook het verskeie lesers van Bloemfontein gesê hulle het die laaste paar nagte ook vreemde verskynsels en ligte gesien.

Hoffman sê China is besig om ’n ruimtestasie te bou. As deel daarvan is twee ruimtetuie gelanseer. Die eerste een, die Tiangong-1, is op 29 September gelanseer.

“’n Mens kan per geleentheid die Tiangong-1 duidelik oor Bloemfontein sien vlieg.”

Die tweede een, die Shenzhou, is eergister gelanseer om met die Tiangong-1 gekoppel te word. 

– Volg Nuus24 op Twitter.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 487 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 517 votes
Vote
Rand - Dollar
19.11
+0.4%
Rand - Pound
23.80
-0.4%
Rand - Euro
20.46
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
920.40
-1.1%
Palladium
1,026.50
+1.1%
Gold
2,322.61
-0.2%
Silver
27.34
+0.6%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
68,051
+0.8%
All Share
74,011
+0.6%
Resource 10
59,613
-2.2%
Industrial 25
102,806
+1.7%
Financial 15
15,897
+1.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE