Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Webwerf vir skelmpies in SA bekendgestel

2012-06-03 14:45
Kaapstad – AshleyMadison.com – 'n webwerf waar getroude mense skelmpies kan ontmoet – word vandeesweek amptelik in Suid-Afrika bekendgestel.

Dié webwerf het wêreldwyd meer as 14 miljoen lede.

Noel Biderman, stigter van die webwerf, het gesê Suid-Afrikaners is reeds aktief op die webwerf en gebruikers is afkomstig van Bredasdorp, Bloemfontein en Benoni.

Biderman en sy Suid-Afrikaans-gebore vrou, Amanda, sal Kaapstad en Johannesburg besoek vir die bekendstelling van die webwerf.

Die paartjie is agt jaar gelede in Toronto, Kanada, getroud en sê hulle is gelukkig getroud en getrou aan mekaar.

– Lees meer hier

– Volg Nuus24 op Twitter
 
Lees meer oor:    tegnologie
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)