Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Chris Froome pak Vuelta

2012-07-23 13:31
Parys – Twee van die topvier-jaers by vanjaar se Tour de France, Chris Froome van Brittanje en België se Jurgen van den Broeck, sal aan die Vuelta-fietstoer in Spanje deelneem.

Froome wat in Kenia gebore is, maar vir Brittanje jaag, het Sondag tweede agter sy landgenoot Bradley Wiggins geëindig.

Van den Broeck het die Tour in die vierde algehele plek klaargemaak.

Froome was verlede jaar tweede in die Vuelta, 13 sekondes agter die Spanjaard Juan Jose Cobo, wat ook sy deelname aan vanjaar se Spaanse fietstoer bevestig het.

Die Vuelta begin op 18 Augustus in Pamplona.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

       
Lees meer oor:    chris froome  |  jurgen van den broeck  |  fietsry  |  vuelta-fietstoer
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)