Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Federer-opponent onttrek weens hartprobleem

2012-09-04 07:33
New York – Roger Federer sal  in sy 38ste Grand Slam-kwarteindwedstryd speel wanneer hy Tomas Berdych van die Tsjeggiese Republiek pak nadat sy opponent in die vierde ronde, Mardy Fish, Maandagaand weens gesondheidsredes moes onttrek.

"Ek voel regtig jammer vir Mardy en hoop dat hy vinnig sal herstel. Ons wil hom almal vinnig weer terug sien op die toer," het Federer gesien.

Fish (30) het twee maande van die seisoen weens hartprobleme misgeloop.

Hy is ná die Miami-meesterstoernooi in Maart gehospitaliseer toe sy hartklop drie keer vinniger as die normale tempo was.

"Ek is jammer om weens voorsorgmaatreëls uit die Amerikaanse Ope te onttrek," het Fish tydens Maandagaand se aankondiging by Flushing Meadows in New York gesê.

"Ek wou dit nie so hê nie, maar moet die mediese raad wat aan my gegee is volg."

In ander uitslae het die Brit Andy Murray sy plek in die kwarteindronde bespreek nadat hy Milos Raonic van Kanada met 6-4, 6-4, 6-2 verslaan het.

Murray se volgende teenstander is die 12de gekeurde Marin Cilic van Kroasië.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

 
Sapa - AFP
Lees meer oor:    mardy fish  |  amerikaanse ope
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)