Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Olimpiese atleet verdrink op pad na Italië

2012-08-21 13:35
Mogadisjoe – ‘n Olimpiese atleet van Somalië het vermoedelik verdrink nadat die boot wat haar en verskeie ander migrante vervoer het, gesink het.

Samia Yusuf Omar, ‘n 200 meter-atleet, het in April probeer om van Libië ná Italië te reis  toe die boot waarin sy gereis het, gesink het, het BBC berig.

Die hoof van Somalië se Olimpiese Komitee het bevestig dat sy dood is, maar het nie gesê hoe nie.

Samia het tydens die Olimpiese Spele in 2008 in Beijing aan die 200 meter deelgeneem, ten spyte daarvan dat sy byna geen professionele afrigting ontvang het nie.

Alhoewel Samia in die laaste plek geëindig het, ‘n paar sekondes agter die ander deelnemers, was dit ‘n merkwaardige prestasie dat Samia net kon deelneem.

Sy het groot geword in Mogadisjoe en daar geoefen. Hier is Samia deur oorlog, armoede en swak atletiekgeriewe in die gesig staar.

Die atleet het glo in Oktober 2010 na Ethiopië verhuis waar sy ‘n afrigter gesoek het om haar te help oefen vir Olimpiese Spele in Londen.

Dit is nie bekend wat tussen dié tyd en die tyd van haar dood gebeur het nie.

– Lees hier meer

– Volg Nuus24Sport op Twitter
Lees meer oor:    somalië  |  vlugtelinge  |  olimpiese spele
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)