Nuus24

Oud-bofbalspeler in huis doodgevind

2012-12-24 10:36
Miami – 'n Voormalige Amerikaanse bofbalspeler, Ryan Freel, is in sy huis in Jacksonville, Florida met 'n koeëlwond in sy kop aangetref.

Die polisie vermoed selfmoord, maar 'n nadoodse ondersoek sal uitgevoer word.

'n Polisiewoordvoerder in Jacksonville het gesê die 36-jarige se liggaam is Saterdagmiddag by sy huis gevind.

Sy loopbaan is na agt seisoene kortgeknip weens talle kopbeserings. Hy het ses van die agt seisoene vir die Cincinnati Reds gespeel.

Freel het op een stadium geskat dat hy soveel as tien keer harsingskudding opgedoen het.

Hy het 30 wedstryde in 2007 misgeloop na 'n botsing met 'n spanmaat wat ernstige harsingskudding veroorsaak het.

Volg Nuus24 op Twitter.

SAPA
Lees meer oor:    sterftes bekendes

Meer Berigte in Sport

«Terug