Londen – Die polisie ondersoek 'n klag van beweerde aanranding teen die Argentynse tennisspeler David Nalbandian nadat 'n lynregter Sondag beseer is tydens die eindstryd van die Queens-toernooi in Londen.
Die 30-jarige is gediskwalifiseer toe hy uit woede 'n
advertensiebord geskop het wat reg voor die lynregter, Andrew McDougall, gestaan het.
McDougall se been is deur die advertensiebord gesny.
"Ons is bewus van 'n voorval by die Queens-toernooi op 17 Junie. 'n Klag is aanhangig gemaak en die polisie ondersoek tans die voorval," het Scotland Yard Maandag in 'n verklaring bevestig.
Volg
Nuus24Sport op Twitter.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.