Kingston – Jamaika se netbalspan was wéér te sterk vir Suid-Afrika se Proteas in die tweede van drie toetswedstryde in Kingston.
Die
Sunshine Girls, soos die span bekendstaan, het die Proteas Sondag met 61-46 geklop.
Jamaika, wat een plek bo Suid-Afrika in die vierde posisie op die wêreldranglys is, loop nou 2-0 voor in die reeks van drie wedstryde.
Die laaste toets vind Dinsdag plaas.
Vir die jongste sportnuus volg
Nuus24Sport op Twitter.
SAPA