Johannesburg – Suid-Afrika is in die voorste wegspringplek om vir die eerste keer gekies te word as 'n gasheerland vir die gewilde WRC-tydrenreeks.
Die laaste WRC-tydren wat in Afrika plaasgevind het was 10 jaar gelede in Kenia.
Naas Formule Een is die WRC die grootste motorsportbyeenkoms in die wêreld met 'n tv-kykergetal van 570 miljoen mense in meer as 200 lande.
'n Positiewe teken vir 'n suksesvolle bod was toe Suid-Afrika opdrag gegee is deur die Internasionale motorsportfederasie (FIA) om die nasionale tydren vanaf 16-18 Augustus as 'n proeflopie te gebruik.
Indien Suid-Afrika die groenlig kry sal die tydren in KwaZulu-Natal plaasvind. Die Moses Mabhida-stadion in Durban sal die opening- en sluitingseremonies aanbied en ook as 'n diensplek vir die motors gebruik word.
Lees die volledige artikel
hier.
Vir die jongste sportnuus volg
Nuus24Sport op Twitter.
–
Nedbanksport