Share

Safa vrees sanksies ná Fifa-verslag

Johannesburg –  Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) spook om te verhoed dat hy deur die wêreldsokkerbeheerliggaam, Fifa, geskors word, berig City Press.

Dít volg ná Fifa sy verslag oor wedstrydknoeiery voor die Wêreldbeker-sokkertoernooi uitgereik het. Name van topbeamptes van Safa word in die verslag genoem.

Die knoeiery hou verband met Bafana Bafana se vyf opwarmingswedstryde in die aanloop tot die sokkertoernooi.

Indien die beamptes skuldig bevind word, kan Suid-Afrika uitgesluit word uit internasionale sokker.

Safa het Maandag gesê sy president, Kirsten Nematandani, en vier ander personeellede – Dennis Mumble, Adeel Carelse, Lindile “Ace” Kika en  Barney Kujane – is op spesiale verlof geplaas omdat hul name in die verslag verskyn.

Ander name wat ook in die verslag verskyn is dié van die voormalige hoof van skeidsregters Steve Goddard, voormalige afrigfter Pitso Mosimane en die voormalige spanbestuurder Sipho Nkumane.

"Gegewe die erns [van die kwessie] moes ons buitengewone stappe doen, insluitend om ons president op spesiale verlof te plaas, tot die ondersoek afgehandel is," het Mwelo Nonkonyana, waarnemende president van Safa, Saterdag gesê.

Nonkonyana het gesê Safa het 'n brief aan Fifa gestuur om hom in kennis te stel van die stappe wat gedoen is.

Hy het verder gesê hy het 'n brief aan 'n afgetrede regter geskryf en hom gevra om aan die stuur te wees van 'n kommissie van ondersoek na die bewerings.

Slegs die land se president kan 'n regterlike kommissie aanstel.

– Volg Nuus24Sport op Twitter
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 819 votes
No! It's time to move on ...
33% - 407 votes
Vote
Rand - Dollar
18.87
+0.8%
Rand - Pound
23.61
+0.8%
Rand - Euro
20.24
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.33
+0.6%
Rand - Yen
0.12
+1.6%
Platinum
924.50
-0.1%
Palladium
976.00
-1.5%
Gold
2,348.22
+0.7%
Silver
27.61
+0.6%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,134
+1.0%
All Share
75,063
+1.0%
Resource 10
62,636
+0.8%
Industrial 25
103,736
+1.2%
Financial 15
15,942
+0.9%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE