Die 25-jarige Duitser het vanjaar vir Force India gejaag en 'n goeie seisoen gehad waarin hy 49 punte in 17 wedrenne ingesamel het.
"Ek sien baie daarna uit om met die Sauber F1-span te werk," het Hulkenberg gesê.
"Dit is 'n goed geplaaste span en baie kompeterend asook 'n span waar jong renjaers telkemale buitengewoon presteer."
Hulkenberg is vroeër vanjaar met 'n skuif na Ferrari verbind om Felipe Massa te vervang, maar die Brasilianer is weer 'n kontrak vir die 2013-seisoen aangebied.
Lees verder.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Autosport