Londen – Die Engelse kolwer Ian Bell dring daarop aan dat Engeland bo-aan die wêreldranglys hoort, ten spyte daarvan dat hul al vyf uit hul nege toetse in 2012 verloor het.
Volgens die
London Metro koerant het Bell bewerings afgelag wat sê dat Engeland nie die nommer een plek verdien nie.
“’n Mens kyk nie net na die laaste nege toetse nie, mens kyk na die laaste twee of drie jaar. Dis hoekom ons nommer een is,” het Bell gesê.
Engeland se rang hang aan ‘n lyntjie, want as die Proteas die reeks in Engeland wen sal hulle die nuwe nommer een toetsspan in die wêreld wees.
Engeland het met ‘n beurt en 12 lopies teen die Proteas in hul eerste toets by die Oval verloor.
– Volg Nuus24Sport op
Twitter