Guptill het Sondag op 101 n.u.n van 69 balle geëindig en 'n grenshou met die laaste aflewering van die wedstryd geslaan, vir die Kiwi's om met agt paaltjies op Buffalopark te seëvier.
Vroeër het Suid-Afrika 165/5 aangeteken nadat die kragmeting met 'n boulbeurt verkort is weens 'n foutiewe spreilig.
Faf du Plessis het weer met die kolf uitgeblink en 63 lopies (van net 43 balle) gemoker, waaronder 8 viere en ’n ses.
Hy is uitstekend bygestaan deur Henry Davids (55 van 38) en David Miller (33 van 18).
Die derde en beslissende t20-stryd vind Woensdag in Port Elizabeth plaas.
Lees verder.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24