Nuus24

KP nie in Engeland se Wêreldbeker-groep

2012-08-21 14:35

VIDEO: Smith oor KP en SMS'e

Londen – Die omstrede kolwer Kevin Pietersen is uit Engeland se T20-Wêrelbekergroep asook die groep vir die eendagreeks teen die Proteas weggelaat.

Die 32-jarige Pietersen was vir die derde toets teen Suid-Afrika uit die span gelaat ná hy glo sekere spanmaats in SMS-boodskappe aan die Proteas beledig het.

Pietersen het om verskoning gevra vir die boodskappe en erken dat dit “uitlokkend” was.

“Kevin Pietersen se toekomstige betrokkenheid by die nasionale span word nog bepaal,” het die nasionale keurder, Geoff Miller, gesê.

“Dit is om dié redes dat hy nie in aanmerking gekom het vir enige van die groepe nie.”

Pietersen het vroeër vanjaar uit eendag- en T20-krieket getree, maar het hom kort ná die tweede toets teen die Proteas weer beskikbaar gestel.

Die bouler Stuart Broad is ook weggelaat uit die eendaggroep.

Engeland gaan vyf internasionale eendagwedstryde teen die Proteas speel voor hulle hul T20-titel in Sri Lanka gaan verdedig.

“Stuart Broad het ‘n belangrike tydperk in sy loopbaan wat gaan aanbreek as hy die land gaan aanvoer by die T20 Wêreldbeker, so ons voel dat 'n ruskans van twee weke in die span sowel as Stuart se beste belang is.”

England se groep vir eendagreeks teen Proteas:
Alastair Cook (kaptein), James Anderson, Jonny Bairstow, Ian Bell, Ravi Bopara, Tim Bresnan, Jade Dernbach, Steven Finn, Craig Kieswetter, Eoin Morgan, Samit Patel, Graeme Swann, Jonathan Trott en Chris Woakes.

England se groep vir die T20-Wêreldbeker:
Stuart Broad (kaptein), Jonny Bairstow, Ravi Bopara, Tim Bresnan, Danny Briggs, Jos Buttler, Jade Dernbach, Steven Finn, Alex Hales, Craig Kieswetter, Michael Lumb, Eoin Morgan, Samit Patel, Graeme Swann en Luke Wright.

– Volg Nuus24Sport op Twitter

 
AFP
Lees meer oor:    kevin pietersen engeland krieket t20

Meer Berigte in Sport

«Terug