Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Proteas draai skroewe stywer

2012-07-23 15:00
Kaapstad – Engeland het Maandag sy tweede kolfbeurt teen Suid-Afrika op die Oval in Londen op 102/4 hervat.

Dit ná Suid-Afrika Sondag sy eerste beurt op 637/2, op die vierde dag van die eerste toets, gesluit verklaar het vir 'n eerstebeurt-voorsprong van 252 lopies.

Ravi Bopara het Maandag vroeg sy paaltjie verloor toe hy vir 22 lopies deur Dale Steyn uitgehaal is.

Matt Prior is daarna vir 40 lopies deur Imran Tahir uitgeboul.

Engeland se tweedebeurt-telling is tans 207/6.

Die Proteas benodig nog net vier paaltjies om die eerste keer nóg ’n toets op die Oval te wen en ’n voorsprong van 1-0 in in die reeks van drie toetse te neem.

Volg die regstreekse telling op Nuus24 se sportblad of volg ons op Twitter.

Sport24



Lees meer oor:    engeland krieket  |  proteas
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)