Nuus24

Skitterende sege vir Proteas op Oval

2012-07-23 17:15
Londen – Die Proteas het Engeland met 'n beurt en 12 lopies gewen nadat hulle die tuisspan vir 240 uitgeboul het in hul tweede kolfbeurt.

Dale Steyn het vyf paaltjies ingepalm, terwyl Imran Tahir 3-63 behaal het.

Suid-Afrika het Sondag sy eerste beurt op 637/2, op die vierde dag van die eerste toets, gesluit verklaar vir 'n eerstebeurt-voorsprong van 252 lopies.

Engeland het 385 lopies aangeteken in hul eerste kolfbeurt.

Die Proteas loop 1-0 voor in die reeks van drie wedstryde.

Sport24

– Volg Nuus24Sport op Twitter

Lees meer oor:    krieket  |  engeland krieket  |  proteas
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)