Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Vernon Philander derde beste bouler

2012-08-07 19:43
Johannesburg – Die Proteas se Vernon Philander het ‘n loopbaan-beste derde plek op die IKR se nuutste ranglys vir boulers gehaal.

Sy wedstrydsyfers van 3-98 in die tweede toets teen Engeland, het beteken dat Philander nou bo Sri Lanka se Rangana Herath lê – slegs 35 punte agter Pakistan se Saeed Ajmal. Dale Steyn is steeds bo-aan die ranglys, met ‘n volle 91 punte meer as Philander.

Engeland se Stuart Broad het van negende ná sewende toe gespring ná sy wedstrydsyfers van 8-165.

In die IKR se toets-ranglys vir spanne moet Engeland die volgende toets op Lord’s wen om bo-aan die ranglys te bly. Suid-Afrika hoef net ‘n onbesliste uitslag af te dwing om die nommer een posisie te beklee.

Kevin Pietersen is ook weer onder die top 10 toetskolwers. Sy beurt van 149 teen die Proteas het gemaak dat Pietersen sewe plekke spring tot die 10de plek.

Alistair Cook is steeds in die agste posisie, terwyl Jonathan Trott twee plekke opskuif ná die 14de plek. Sri Lanka se Kumar Sangakarra is steeds bo-aan die ranglys.

Alviro Petersen het ná sy honderdtal 17 plekke gespring en beklee nou die 31ste posisie.

Jacques Rudolph is die ander Protea wat ‘n positiewe skuif gemaak het. Hy is tans in die 55ste plek.

– Volg Nuus24Sport op Twitter

SAPA
Lees meer oor:    vernon philander  |  proteas  |  krieket
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)