Nuus24

Atlete van Kameroen verdwyn by Spele

2012-08-07 20:59
Londen – Sewe Olimpiese atlete van Kameroen het uit die atletedorp in Londen verdwyn en mag moontlik in Brittanje om asiel aansoek doen, het dié land se afvaardiging Dinsdag gesê.

David Ojong, Kameroen se spanhoof, het gesê die sewe atlete het almal visums wat hulle toelaat om vir minstens tot November wettiglik in Brittanje te bly.

Ojong het gesê vyf boksers, 'n swemmer en 'n sokkerpeler het die atletedorp by die Olimpiese park in Londen die naweek verlaat en nie weer teruggekeer nie.

Die vermiste atlete is Paul Ekane Edingue (swemmer), Drusille Ngako (vroue-doelwagter) en die boksers, Thomas Essomba, Christian Donfack Adjoufack, Abdon Mewoli, Blaise Yepmou Mendouo and Serge Abomo.

Brittanje se departement van binnelandse sake het gesê dit kan nie kommentaar lewer oor of enige van die sewe om asiel aansoek gedoen het nie.

Scotland Yard het gesê dit het geen verslag ontvang van Kameroense atlete wat vermis word nie.

Volg Nuus24 op op Twitter.

 
Sapa - AP
Lees meer oor:    kameroen  |  olimpiese spele  |  asiel
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)