Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

SA-mans móét alles gee

2012-08-07 18:22
Londen – Argentinië se manshokkiespan het 'n uitspeelstryd vir die laaste plek by die Olimpiese Spele vermy toe hulle Suid-Afrika Dinsdag met 6-3 geklop het.

Dit was die Argentyne se eerste sege by vanjaar se Spele en hulle sal nou vir die negende en tiende plekke uitspeel.

Suid-Afrika sal nou alles moet insit om te verhoed dat hulle vir die tweede agtereenvolgende keer, laaste by 'n Spele-toernooi eindig.

Die Proteas het in die eerste helfte twee doele binne 30 sekondes aangeteken om die voortou te neem, maar die res van die kragmeting het aan die Argentyne behoort.

Suid-Afrika sal teen Indië in die uitspeelstryd vir die laaste plek-kwalifikasie speel.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24
AP
Lees meer oor:    olimpiese spele  |  hokkie
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)