Nuus24

Schoeman deur na vryslag-finaal

2012-08-02 21:21
.Kaapstad – Roland Schoeman van Suid-Afrika het deurgedring na die finaal van die 50 m-vryslag by die Olimpiese Spele in Londen.

Schoeman het vierde geëindig in die tweede uitdun, met 'n tyd van 21,88 sekondes.

Schoeman het vroeër Vrydag in sy uitdunronde 'n tyd van 21,92 aangeteken.

Die finaal sal Vrydag plaasvind.

– Volg ons op Nuus24Sport.

Lees meer oor:    olimpiese spele  |  roland schoeman  |  londen  |  swem
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)