Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Bokke trek Aplon, Greyling nader

2012-06-11 18:00
Kaapstad – Die Springbokke Gio Aplon en Dean Greyling is opgeroep na die nasionale groep weens beserings aan onderskeidelik Zane Kirchner en Coenie Oosthuizen.

Hulle sal by die Springbokke aansluit in Johannesburg, waar hulle op die oomblik voorberei vir die tweede toets teen Engeland Saterdag op Coca-Cola Park.

Kirchner het sy knie beseer laat in die eerste helfte van die eerste toets in Durban, wat Suid-Afrika met 22-17 gewen het. Hy het nie in die tweede helfte gespeel nie en ná ‘n skandering op sy knie Maandagoggend is daar besluit dat hy nie oorweeg sal word vir die tweede toets nie en weer volgende week ondersoek sal word.

Oosthuizen het Maandagoggend styfheid aan sy nek en skouer ervaar en die Springbokke se mediese span het besluit op ‘n versigtige benadering. Hy sal binne die volgende 24 uur ‘n skandering ondergaan, waarna ‘n besluit geneem sal word.

Aplon het die laaste van sy 16 toetse as ‘n plaasvervanger gespeel teen Namibië by verlede jaar se wêreldbeker-rugbytoernooi. Greyling het al in twee toetswedstryde gespeel, albei in verlede jaar se Drienasies-reeks, teen Nieu-Seeland en Australië.

“Ons gaan nie ‘n risiko neem met enige speler wat sukkel met beserings nie en daar is besluit om plaasvervangers vir Zane en Coenie op te roep,” het Heyneke Meyer, Springbok-afrigter, gesê.

“Beide Dean en Gio was op ons amptelike lys van bystand-spelers en ons is gelukkig dat albei van hulle voorheen vir Suid-Afrika Toetsrugby gespeel het. Hulle het ook ‘n goeie spelpeil in Vodacom Super Rugby gehad en hulle was twee van die spelers wat ongelukkig was om nie in die aanvanklike groep van 32 spelers opgeneem te word nie.

“Hulle het ook ons beplanningskampe bygewoon en behoort bekend te wees met hoe ons wil speel. Ek sien uit daarna om hulle tot die groep te verwelkom.”

Kirchner en Oosthuizen sal voorlopig by die groep bly, terwyl Greyling en Aplon so gou moontlik by die span sal aansluit.

- Volg Nuus24Sport op Twitter

Lees meer oor:    heyneke meyer  |  gio aplon  |  dean greyling
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)