Share

Dié Bulle soek nog bekers

Pieter Jordaan

Johannesburg - Dit is waarskynlik die slegste nuus wat ander Curriebeker- en Super14-rugbyspanne kan kry, maar die Blou Bulle soek dorstig na nog meer seisoene soos 2009 s’n.

Ná Saterdag se Curriebeker-oorwinning, hul vyfde titel hierdie dekade, is die Bulle ongetwyfeld een van die mees suksesvolle provinsiale spanne tot nog toe in Suid-Afrika se rugbygeskiedenis.

Dit is jammer dat ’n span met die soort veggees wat die Vrystaat-Cheetahs ten toon gestel het, dit moes ontgeld, maar ná die oorwinning van 36-24 op Loftus Versfeld het die Bulle die versekering gegee dat hierdie nie die einde van die goeie dinge vir hulle is nie.

“Ons gaan die oorwinning geniet. Maar in rugby werk dit net so dat hoe meer jy wen, hoe meer wil jy wen,” het die Bulle se kaptein, Victor Matfield, gesê.

“Ons het dit dan oor die laaste paar jaar bewys.”

Vir spelers soos Matfield, Bakkies Botha, Fourie du Preez en Bryan Habana is hul lyste van rugbydoelwitte bykans voltooi, maar Matfield is oortuig dat die Bulle nie na dese minder aansporing vir sukses sal hê nie.

“Hier is baie ouens wat al gewen het, maar daar is ook altyd nuwe ouens soos Francois Hougaard en Dewald Potgieter wat dit (die Curriebeker) nou die eerste keer gewen het.

“Daarom is dit wonderlik as die nuwe ouens inkom, want ons wil aanhou wen.”

Habana is wel op pad Kaap toe, maar in Matfield, Botha en Du Preez het die Bulle steeds spelers wat op een of ander manier steeds jaar ná jaar op hul hoë standaarde verbeter.

Matfield wou nie uitwei oor die siening dat die Bulle die beste klubspan ter wêreld is nie – selfs al het die Cheetahs-afrigter, Naka Drotské, dit gesê.

“Ons is net bly oor dit wat ons vermag het. Ons het almal van mekaar geleer en daardeur beter mense geword.”

Van die jonger Bulle-spelers soos Zane Kirchner (heelagter), Hougaard (vleuel/skrumskakel) en Potgieter (flank) is ook vars gesigte in die Bok-toergroep wat eersdaags noord vlieg, al het Kirchner al een toetswedstryd gespeel.

Dan is spelers soos Morné Steyn, Pierre Spies en Derick Kuün nog geensins lank in die tand nie en het die jong baljagter-flank Deon Stegmann beter teenstand aan die Cheetahs-sterspeler Heinrich Brüssow gegee as wat van die voorste toetsflanke dit vanjaar kon doen.

Die meeste van die Bulle was dit agterna eens dat die gesonde spanomgewing sukses aanspoor en ná sy laaste wedstryd vir die Ligbloues het Habana dit onderstreep: “Ek was hier nie net Bryan­ die rugbyspeler nie, maar Bryan die persoon.

“Ek laat vriende agter wat ek vir ewig sal hê. Al het die Cheetahs ons tot die laaste minuut laat veg, het ek altyd geweet ons span het die vermoë om iets groots uit te rig.”

- Die Burger
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 371 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 783 votes
Vote
Rand - Dollar
19.15
+0.1%
Rand - Pound
23.85
-0.1%
Rand - Euro
20.43
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.30
+0.0%
Rand - Yen
0.12
+0.0%
Platinum
943.30
-0.8%
Palladium
1,021.50
-0.8%
Gold
2,383.80
+0.2%
Silver
28.42
+0.7%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,069
-0.2%
All Share
73,117
-0.2%
Resource 10
62,902
-0.6%
Industrial 25
98,469
+0.1%
Financial 15
15,467
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE