Share

Dit is nou buig of bars vir Leeus

Die Burger

Johannesburg - Die Leeus se afrigter, John Mitchell, móét Saterdag ’n wedstryd om die Hawerabeker wen as sy span nog in die Curriebeker-wedloop wil bly.

’n Kragstryd met ’n sterk Nieu-Seelandse geur wag op Coca-Colapark tussen die Leeus en die Haaie, met albei spanne wat deur ’n Kiwi wat van die Nieu-Seelandse dorpie Hawera afkomstig is, afgerig word.

Mitchell en Plumtree is goeie vriende en het oor die afgelope jare as afrigters op die hoogste vlak onderling om die Hawerabeker, ’n bierbeker, meegeding. Plumtree het ook as video-ontleder vir Mitchell gewerk toe laasgenoemde nog die All Blacks gebrei het.

Saterdag is dit buig of bars vir Mitchell se dapper jongelinge.

“Plum herinner my gedurig aan die beker; dit is maar ’n persoonlike ding,” het Mitchell gesê.

“Maar daar wag lekker mededinging noudat ek ’n volbloed Leeus-man is. Hy het my juis vandeesweek ’n SMS gestuur om te hoor of ek kennis geneem het van hul skrumwerk (teen die Vrystaat-Cheetahs).

“Maar eindelik is ons persoonlike doelwitte vandag irrelevant.”

Die Haaie het die Leeus vroeër in die reeks met 48-19 geklop – Plumtree-hulle se tweede oorwinning vanjaar oor ’n span van Mitchell nadat die Haaie ook die Western Force, waar Mitchell tot onlangs afgerig het, in die Super14-reeks geklop het.

“Maar ons span het geweldig baie gegroei sedert die begin van die reeks,” sê Mitchell.

“Dit is vandag buig of bars, hoewel dit eintlik die hele maand al so is. Dit is wel nie buig of bars in terme van ons ontwikkeling nie, maar ons prioriteit is om te wen.”

Die Haaie, as die reeks-voorlopers, draf steeds as die gunstelinge op die veld, maar die Durbaniete sal uiters lugtig wees vir ’n Leeus-span wat vir die eerste keer in ’n baie lang tyd na ’n span met selfvertroue lyk.

Mitchell se invloed word so hoog aangeslaan dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie vandeesweek navraag gedoen het oor sy beskikbaarheid om die Springbok-afrigtingspan by te staan.

Mitchell se toewyding tot die Leeus het hom egter genoop om die Saru-aanbod van die hand te wys.

Dié kaalkop-Kiwi is opgewonde oor die Rooibontes se potensiaal en gaan die “projek” om dié span op te hef nie nou laat vaar nie.

Maar dit is nie net Mitchell en Plumtree wat Saterdag in ’n interessante tweestryd gewikkel is nie.

Die Springbok-keurders sal sekerlik aandagtig kyk na die losskakel-stryd tussen die “wonderseuns” Elton Jantjies (Leeus) en Patrick Lambie (Haaie).

Rugbymense jeuk om te sien wie die druk die beste gaan hanteer.

Die antwoord is waarskynlik: die een wie se agttal die botoon voer.

Die spanne is:

Leeus: Jaco Taute, Jannie Boshoff, Waylon Murray, Doppies La Grange, Michael Killian, Elton Jantjies, Jano Vermaak, Joshua Strauss, Wikus van Heerden, Derick Minnie, Franco van der Merwe (k), George Earle, Ross Geldenhuys, Martin Bezuidenhout, JC Janse van Rensburg. PLAASVERVANGERS: Edgar Marutlulle, Wayne Swart, Joe Snyman, Trevor Hall, JP Joubert, Burton Francis, Deon van Rensburg.

Haaie: Louis Ludik , Odwa Ndungane, Stefan Terblanche (k), Andries Strauss, Lwazi Mvovo, Patrick Lambie, Charl McLeod, Ryan Kankowski, Willem Alberts, Keegan Daniel, Alistair Hargreaves, Steven Sykes, Eugene van Staden, Craig Burden, Patric Cilliers. PLAASVERVANGERS: Kyle Cooper, Wiehahn Herbst, Michael Rhodes, Jacques Botes, Rory Kockott, André Pretorius, Riaan Swanepoel.

Skeidsregter: Jason Jaftha.

Afskop:17:05.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 938 votes
No! It's time to move on ...
33% - 455 votes
Vote
Rand - Dollar
18.81
+1.1%
Rand - Pound
23.51
+1.2%
Rand - Euro
20.12
+1.4%
Rand - Aus dollar
12.29
+0.9%
Rand - Yen
0.12
+2.4%
Platinum
922.90
-0.3%
Palladium
961.50
-2.9%
Gold
2,340.13
+0.3%
Silver
27.31
-0.5%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE