Kaapstad – Die voormalige Springbok-afrigter Peter de Villiers het 'n pos as rugbydirekteur by die Universiteit van die Wes-Kaap (UWK) aanvaar.
Volgens die
SuperSport-webtuiste is onderhandelinge met die sportministerie oor 'n moontlike betrokkenheid by rugby-ontwikkeling op skoolvlak steeds aan die gang, maar de Villiers het Maandag bevestig dat hy by die UWK aangestel is.
"Die universiteit het die afgelope vier jaar 'n goeie reputasie opgebou as akademiese instelling en nou wil hulle hê ek moet help om die standaard van die sport te verbeter," het de Villiers gesê.
"Ek is sedert die begin van Junie amptelik by die universiteit betrokke, maar ons is slegs nou in 'n posisie om die aanstelling bekend te maak. Dit voel lekker om weer te kan werk en 'n aktiewe rol te speel in die sport wat ek liefhet. Ek is beïndruk met die potensiaal om rugby by die universiteit te help groei en dink ek kan 'n positiewe rol speel," het hy gesê.
Vir die jongste sportnuus volg
Nuus24Sport op Twitter.
–
Sport24