Johannesburg – Die gebore Nieu-Seelander Thomas Waldrom sal Phil Dowson op die reserwebank vervang vir Saterdag se tweede toets teen die Springbokke in Johannesburg.
Dowson sukkel met 'n dyspier wat hy tydens 'n spanoefening beseer het en die Rose se breier, Stuart Lancaster, het besluit om nie kanse te waag nie.
Waldrom het op agsteman beïndruk in Woensdag se wedstryd teen die Suidelike Barbarians in Kimberley en behoort Saterdag 'n goeie impak as plaasvervanger te maak.
Afskoptyd is 17:00.
15 Ben Foden, 14 Chris Ashton, 13 Jonathan Joseph, 12 Manu Tuilagi, 11 David Strettle, 10 Toby Flood, 9 Ben Youngs, 8 Ben Morgan, 7 Chris Robshaw (kaptein), 6 Tom Johnson, 5 Geoff Parling, 4 Mouritz Botha, 3 Dan Cole, 2 Dylan Hartley, 1 Joe Marler.
Plaasvervangerbank: 16 Lee Mears, 17 Alex Corbisiero, 18 Tom Palmer, 19 Thomas Wadrom, 20 Lee Dickson, 21 Owen Farrell, 22 Alex Goode.
Vir die jongste sportnuus volg
Nuus24Sport op Twitter.
–
Sport24