Wellington – Die All Black Zac Guildford word deur nuwe
aantygings in die gesig gestaar ná sy swaar gedrinkery waartydens hy naak by ‘n kroeg ingestrompel
het en twee mense aangerand het.
Kelly Pick, ‘n driekampatleet van die Cook-eilande, het gesê
Guildford het herhaaldelik seksueel onvanpaste opmerkings oor haar gemaak en
haar seksueel geteister terwyl sy geoefen het.
“Sy gedrag was totaal onvanpas tot die punt waar ek onveilig
gevoel het,” het Pick in ‘n brief aan die koerant Cook Island News geskryf.
“Hy was duidelik besope en hy het soos ‘n idioot op sy gehuurde bromponie gejaag,”
het sy bygevoeg. “Ek was geskok en kwaad dat iemand voel hulle het die reg om
ander mense te teister.”
Pick het aan Radio New Zealand gesê sy het Donderdag ‘n klag oor
Guildford se gedrag by die Cook-eilande se polisiediens gelê.
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
AFP