Kimberley – Die slot van die Harlequins George Robson sal Engeland in Woensdag se wedstryd teen die Suidelike Barbarians op GWK Park in Kimberley aanvoer.
Die meeste van die 22 spelers wat Saterdag in die eerste toets teen die Springbokke in Durban verloor het kry 'n ruskans.
Die vaskopstut Paul Doran Jones, Tom Palmer (slot) en die skrumskakel Lee Dickson is die enigste spelers wat behou is vir Woensdag se kragmeting.
"Elkeen van die 22 spelers wil graag speel. Daar is baie kompetisie vir plekke in die span en Woensdag sal 'n geleentheid wees vir spelers om hulself te bewys en momentum vir Saterdag se toets te bou," het die Rose se afrigter, Stuart Lancaster, gesê.
Intussen is een verandering gemaak aan die Suidelike Barbarians-span.
Die plaasvervanger-slot, Ben Venter, is beseer en sal deur sy Grens-spanmaat Samora Fihlani vervang word.
So lyk die spanne:Engeland:15 Alex Goode, 14 David Strettle, 13 Anthony Allen, 12 Jordan Turner-Hall, 11 Christian Wade, 10 Charlie Hodgson, 9 Danny Care, 6 James Haskell, 7 Carl Fearns, 8 Thomas Waldrom, 5 George Robson (kaptein), 4 Graham Kitchener, 3 Paul Doran Jones, 2 Joe Gray, 1 Matt Mullan.
Plaasvervangers: 16 Tom Youngs, 17 Rupert Harden, 18 Tom Palmer, 19 Jamie Gibson, 20 Lee Dickson, 21 George Lowe, 22 Nick Abendanon.
Suidelike Barbarians:15 Jacquin Jansen (Boland), 14 Cornal Hendricks (Boland), 13 Kempie Rautenbach (SWD), 12 Wayne Stevens (OP Kings, kaptein), 11 Norman Nelson (OP Kings), 10 Elgar Watts (Boland), 9 Boela Abrahams (OP Kings), 8 Jacques Engelbrecht (OP Kings), 7 Shaun Raubenheimer (SWD), 6 Mpho Mbiyozo (OP Kings), 5 David Bulbring (OP Kings), 4 Nolan Clark (Boland), 3 Ross Geldenhuys (Boland), 2 Hannes Franklin (OP Kings), 1 Corne Fourie (Pumas).
Plaasvervangers: 16 Clemen Lewis (Boland), 17 Dean Hopp (SWD), 18 Samora Fihlani (Grens), 19 Zandre Jordaan (Boland), 20 Ntando Kebe (Grens), 21 Ricardo Croy (Boland), 22 Ntabeni Dukisa (Grens).
Afskoptyd Woensdag is om 15:00.
Vir die jongste sportnuus volg
Nuus24Sport op Twitter.
–
Sport24