Kaapstad – Craig Burden is opgeroep om saam met die Springbokke na Argentinië te reis vir Suid-Afrika se Rugbykampioenskap-wedstryd Saterdag in Mendoza.
Dié aankondiging volg nadat Burden se Sharks-spanmaat Bismarck du Plessis sy knie beseer het in die kragmeting met die Poemas op Nuweland. Hy sal die res van die jaar buite aksie wees.
Adriaan Strauss vervang du Plessis in die beginspan met Tiaan Liebenberg op die plaasvervangerbank.
Burden sal ingespan word indien enige van die twee spelers seerkry.
Intussen is Dean Greyling (stut), Juandré Kruger (slot) en Jano Vermaak (skrumskakel) ook opgeroep om by die toerspan aan te sluit.
Bok-toergroep vir Argentinië:Voorspelers (15): Willem Alberts, Andries Bekker, Craig Burden, Pat Cilliers, Marcell Coetzee, Keegan Daniel, Jannie du Plessis, Eben Etzebeth, Dean Greyling, Juandré Kruger, Tiaan Liebenberg, Tendai Mtawarira, Jacques Potgieter, Adriaan Strauss, Flip van der Merwe
Agterspelers (11): Jean de Villiers (kaptein), JJ Engelbrecht, Bryan Habana, Francois Hougaard, Zane Kirchner, Patrick Lambie, Lwazi Mvovo, Ruan Pienaar, Frans Steyn, Morné Steyn, Jano Vermaak
Vir die jongste sportnuus volg
Nuus24Sport op Twitter.
–
Keo