Perth – Die afrigter van die Wallabies, Robbie Deans, het sy span bekendgemaak wat Saterdag in die Rugbykampioenskap-wedstryd teen die Springbokke in Perth uitdraf.
Die vleuel Dominic Shipperley maak sy debuut in die beginspan terwyl Mike Harris en Tatafu Polota Nau hul terugkeer op die plaasvervangersbank maak.
Shipperley (21) het 'n goeie indruk by die Reds gemaak en is gekies om meer gif aan Australië se aanvallende spel te gee.
Adam Ashley-Cooper skuif na die buitesenter-posisie om plek te maak vir Kurtley Beale op heelagter.
Stephen Moore sal Australië se mees ervare haker word wanneer hy Saterdag in sy 73ste toets vir die Wallabies uitdraf.
So lyk die span:15. Kurtley Beale, 14. Dominic Shipperley, 13. Adam Ashley-Cooper, 12. Berrick Barnes, 11. Digby Ioane, 10. Quade Cooper, 9. Will Genia (kaptein), 8. Radike Samo, 7. Michael Hooper, 6. Dave Dennis, 5. Nathan Sharpe, 4. Sitaleki Timani, 3. Ben Alexander, 2. Stephen Moore, 1. Benn Robinson
Plaasvervangers: Tatafu Polota Nau, James Slipper, Scott Higginbotham, Liam Gill, Nick Phipps, Mike Harris, Anthony Fainga'a
Afskoptyd Saterdag is om 12:35.
Vir die jongste sportnuus volg
Nuus24Sport op Twitter.
Sapa - AFP