Eben Etzebeth, wat ook Saterdag die veld moes verlaat, se skouerbesering is nie so ernstig as wat aanvanklik gevrees is nie en die slot behoort betyds fiks te wees vir Vrydag se wedstryd.
Die Reds, wat kwaai deur beserings geteister word en nie goed getoer het nie, is 'n ander span voor hul tuisskare en het die Stormers verlede jaar op Nuweland geklop.
Goeie nuus vir die Stormers is dat Gio Aplon en Nick Koster albei herstel het van beserings wat hulle op die kantlyn teen die Crusaders gehou het.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24