Share

Brüssow-hulle wil sake regstel

Bloemfontein – Moenie jou teenstander toelaat om weer ’n voet in die deur te kry as jy in beheer van sake is nie.

Dít is die belangrikste les wat die Cheetahs sover in 2012 se Super-rugbyreeks geleer het en ’n saak wat hulle volgens die Springbok-flank Heinrich Brüssow reeds Sondag teen die Melbourne Rebels wil regstel.

“Die druk het vermeerder ná die nederlaag (teen die Brum­bies), aangesien ons twee of drie wedstryde op toer wou wen,” het Brüssow aan ABC News gesê.

Hy erken die frustrasie in die kamp is groot ná die nederlaag, veral oor die wyse waarop hulle verloor het nadat hulle ’n voorsprong van 23-10 gehad het.

Die Cheetahs het ook in hul eerste wedstryd, teen die Lions, ’n voorsprong van 22-10 prysgegee.

“Ons sal dié week hard moet werk om klein foute reg te stel. Ons het as span hard gewerk om (teen die Brumbies) op te staan ná ’n teleurstelling (teen die Bulls). Daar was ’n goeie verbetering (teen die Brumbies), maar ons het klein foute gemaak en kon nie sekere geleenthede afrond nie.

“Ons het hulle toegelaat om terug­ te veg.. kyk na die telbord.”

Brüssow was met 21 duikslae weer pure Bok teen die Brumbies.

Hy het ewe veel gewoel by die afbreekpunte en saam met sy kaptein en haker, Adriaan Strauss, die vaskopstut, WP Nel, agtsteman, Ashley Johnson, stut Coenie Oosthuizen en vleuel Willie le Roux as baldraers beïndruk.

Oosthuizen en Johnson se insluiting in die beginspan het ’n yslike verskil gemaak, en die Cheetahs het in Canberra die eerste keer die seisoen weer soos ’n span met woema op die aanval gespeel.

Soortgelyke byt sal teen die Rebels benodig word. Die Rebels is die laaste tyd dramaties aan die verbeter sedert hulle die gewese -Wallaby-verdedigingsghoeroe John Mug­gleton betrek het.

Muggleton se aanstelling lewer vinnige resultate op nadat sy span in 2011 gemiddeld 35 punte en 4 drieë per wedstryd afgestaan het.

Die Reds kon verlede Saterdag slegs 11 punte teen die span van Melbourne opstapel. 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 492 votes
No! It's time to move on ...
35% - 264 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
+1.1%
Rand - Pound
23.79
+0.7%
Rand - Euro
20.40
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.40
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.2%
Platinum
925.50
+1.5%
Palladium
989.50
-1.5%
Gold
2,331.85
+0.7%
Silver
27.41
+0.9%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.7%
Industrial 25
102,531
-1.5%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE