Kaapstad – Die Chiefs het Vrydag hul voorsprong bo-aan die Super-rugbypunteleer verder vergroot met 'n oorwinning oor die Highlanders in Dunedin.
Die besoekers het met 27-21 gewen nadat hulle rustyd 18-9 voorgeloop het.
Albei spanne het twee drieë aangeteken, maar die Chiefs moes hard verdedig om 'n laat terugvegpoging deur die tuisspan te keer.
Die Chiefs se volgende kragmeting is teen die Crusaders in Hamilton terwyl die Highlanders die Reds in Brisbane pak.
Puntemakers:Highlanders:Drieë: Andrew Hore, Hosea Gear Doelskoppe: Mike Delaney Strafdoele: Chris Noakes (3)
Chiefs:Drieë: Tim Nanai-Williams, Robbie Robinson Doelskoppe: Aaron Cruden Strafdoele: Cruden (5)
Vir die jongste sportnuus volg
Nuus24Sport op Twitter.
–
Sport24