Share

Dissipline maak Bulls kampioene

Brisbane – Dissipline kan die Bulls se grootste vriend wees wanneer hulle hul oorsese Super14-toer Saterdag teen die Reds in Brisbane afsluit.

Die verdedigende Super14-kampioene het een van die beste dissiplinêre rekords in die kompetisie, meen die Reds se kaptein, Will Genia.

Ten spyte van twee geelkaarte in die wedstryd teen die Blues, het die Bulls hulle baie goed gedra wat dissipline betref.

In teenstelling hiermee, het die Reds tot dusver al ses geelkaarte ontvang, die meeste van al die Super14-spanne van vanjaar.

Maar die Reds moet nie onderskat word soos wat die Crusaders en Chiefs gedoen het toe hulle deur die Brisbane-span geklop is nie.

Daar is egter bekommernisse onder wanneer dit by dissipline kom, veral met Morné Steyn as teenstander wat al 149 punte met sy skopstewel ingewin het.

“Dissipline kan ons ondergang beteken en daar gaan baie aandag daaraan gegee moet word" het Genia gesê.

“Ons weet dat indien ons strafskoppe gaan afstaan, die Bulls dit tot hulle voordeel gaan gebruik.”

Genia het die komende wedstryd teen die rekordhouers as ‘n groot uitdaging bestempel.

“Hulle is defnitief die beste span in die kompetisie. Hulle kan rugby speel. Dit gaan ‘n groot toets vir ons wees, maar dit is ‘n uitdaging waarna ons uitsien.

-Sport24

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 399 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 567 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.91
-0.1%
Rand - Euro
20.43
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Platinum
910.50
+1.5%
Palladium
1,011.50
+1.0%
Gold
2,221.35
+1.2%
Silver
24.87
+0.9%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.8%
Resource 10
57,251
+2.8%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE