Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Reds klop Brumbies met enkele punt

2012-05-26 13:57
Canberra – Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds Saterdag met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Die Reds het met 13-12 geseëvier nadat hulle rustyd 10-6 voor was.

Luke Morahan, die Reds se heelagter, het die enigste drie van die wedstryd aangeteken.

Die Brumbies se volgende kragmeting is met die Rebels in Melbourne. Die Reds het 'n ruskans van vier weke voor hulle op 29 Junie teen die Rebels uitdraf.

Brumbies:

Strafdoele: Zack Holmes (4)

Reds:

Drie: Luke Morahan Doelskop: Michael Harris Strafdoele: Harris (2)

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24
Lees meer oor:    reds  |  brumbies
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)