Perth – Die Western Force het die dienste van die Cheetahs se jong losskakel Sias Ebersohn bekom met 'n kontrak van twee jaar, het die rugbywebtuiste
RuggaWorld Maandag berig.
Die uitvoerende hoof van Wes-Australië rugby (RugbyWA), Vern Reid, het gesê die Super-rugbyfranchise het Ebersohn die afgelope twee seisoene fyn dopgehou en kontak met die jong losskakel gemaak tydens die Force se onlangse besoek aan Bloemfontein.
"Ná die ontmoeting het Sias ingestem om ons aanbod, om die Force se oorsese ontwikkelingspeler vir die 2013-seisoen te wees, te aanvaar," het Reid gesê.
"Die ooreenkoms is nou voor die Australiese rugbyunie (ARU) aangesien hulle alle oorsese spelers se kontrakte eers moet goedkeur."
Oorsese ontwikkelingspelers sluit 'n tweejaar-kontrak met 'n Super-rugbyfranchise en moet potensiaal wys om vir die Wallabies te kan speel om sodoende deur die ARU goedgekeur te word.
Lees
verder.
–
Ruggaworld