Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

13 Gautengse jaers vas

2012-08-12 19:36
Johannesburg – Elf mans en twee vroue is vir jaery op die N1-suid in hegtenis geneem, het die Johannesburgse metropolisie Sondag gesê.

"Hulle is Saterdagaand aangekeer nadat hulle oor die spoedbeperking van 120 km/h bestuur het," het hoof supt. Wayne Minnaar, 'n woordvoerder, gesê.

Een van die vroue in 'n Mini Cooper het 185 km/h gery.

"Diegene wat in hegtenis geneem is, is almal jongmense," het Minnaar gesê.

Hulle sal na verwagting Maandag in die Randburg-landdroshof verskyn.

– Volg Nuus24 op Twitter.
SAPA
Lees meer oor:    johannesburg  |  spoed
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)