Kaapstad – Die Padverkeerbestuurskorporasie sê hy is bekommerd oor die stygende
dodetal op die land se paaie, het
RSG Dinsdag berig.
Minstens 980 mense is reeds sedert die
begin van Desember op die paaie dood.
Dit is sowat 200 meer as
dieselfde tydperk verlede jaar.
In die laaste drie dae het 215 van die slagoffers omgekom.
Die woordvoerder van die
korporasie, Ashraf Ismail het vroeër sy kommer uitgespreek oor die groot
aantal botsings reg van voor.
Ismail het motoriste gevra om hulle
slegte gewoontes op die pad te verander.
Volg
Nuus24 op Twitter.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.