Die ANC het uitgevaar teenoor prof. Jonathan Jansen oor beweerde rassistiese ondertone in ‘n stelling wat hy onlangs oor me. Angie Motshekga, die nuwe minister van basiese onderwys, gemaak het.
Me. Jesse Duarté, ‘n woordvoerder van die ANC, het in ‘n ope brief aan Jansen gesê dat hy vroue in dieselfde posisie as Motshekga minag en dat hy haar in die openbaar om verskoning moet vra.
Motshekga is deur prof. Jonathan Jansen, aangewese rektor van die Universiteit van die Vrystaat, as ’n lui en onbevoegde minister bestempel, gegewe haar geskiedenis as LUR in Gauteng.
SAPA
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.