Share

ANC woedend oor Zille-opmerking

Johannesburg – Die ANC het Woensdag gesê hy is woedend oor ‘n opmerking wat Helen Zille, DA-leier, gemaak het waarin sy na Oos-Kaapse leerlinge wat na die Wes-Kaap stroom vir ‘n beter opvoeding as “vlugtelinge” verwys het.

“Die ANC is reg bewys deur die stelling wat Helen Zille gemaak het,” het Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, gesê.

“Dit is tipies van die destydse apartheidregering se mentaliteit wat maatreëls in plek gestel het om swart mense daarvan te weerhou om na die sogenaamde wit gebiede te beweeg.”

Mthembu het gesê die stelling is “rassisties” en moet nie verdra word nie.

Die DA-leier se opmerking het Dinsdag ‘n oorlog op die sosiale netwerk Twitter ontketen, aangesien baie gebruikers ontsteld was oor haar gebruik van die woord “vlugteling”.

Zille het haarself egter gedurende die dag verdedig.

Haar stelling het verwys na ‘n betoging in Grabouw oor oorbevolking by ‘n plaaslike skool.

Die DA het die blaam verskuif na die departement van openbare werke se voortdurende vertraging wat die goedkeur betref van alternatiewe grond om skoolgeboue in die gebied te bou.

“Zille se rassistiese stelling bewys die DA se beleid van uitsluiting van swartes,” het Jackson gesê.

“Sy sal nooit dieselfde ding sê oor wittes wat van ‘n ander gebied in die land na die Wes-Kaap trek, of selfs mense wat van ander lande na die Wes-Kaap trek nie.

“Om Suid-Afrikaners wat vrye beweging in hul eie land het as vlugtelinge te beskryf, is dieselfde as om hulle as buitelanders te etiketteer,” het Mthembu gesê.

Toe sy Dinsdag deur ‘n Twitter-gebruiker gevra is om ‘n “vlugteling” te definieer, het Zille geantwoord: “Vlugtelinge is mense wat moet ontsnap omdat hulle regte geskend word. Dit beskryf Oos-Kaapse leerlinge presies.”

Mthembu het gesê die DA beskou swartes as nuttige kiesers om verkiesings mee te wen en niks anders nie.

“Ons doen ‘n beroep op alle swart DA-lede om die DA te sien vir wat dit is – ‘n wit, rassistiese party,” het hy gesê.

“Ons doen ook ‘n beroep op al daardie swartes wat in die leierskapstrukture van die DA is vir uiterlike vertoon om uit die DA te bedank.”

- Volg Nuus24 op Twitter
 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 572 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 816 votes
Vote
Rand - Dollar
18.89
+0.3%
Rand - Pound
23.87
+0.1%
Rand - Euro
20.39
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.32
+0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE